DIS
HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE
.......
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou
moet altyd by die huis bly. Sy
besluit toe om vir haar `n geweer te
koop en saam te gaan jag.
Op die plaas aangekom sê hy vir
liefie om links teen die rivier af
te loop dan loop hy regs teen die
rivier af. Hulle sal dan weer mekaar
onder by die hoofhek ontmoet. So gesê,
so gedaan.
Hy het skaars tussen die bosse
ingeloop toe hy drie skote kort
opmekaar hoor klap. Hy hardloop
val-val terug na waar die stofwolk
bo die doringbome hang. So deur die
stof sien hy haar vaagweg en dit lyk
op 'n afstand
kompleet of sy haar eerste
epileptiese aanval beleef. Toe die
stof effens gaan lê kry hy haar vir
die eerste keer mooi gesien. Sy
loop-val-storm in 'n klein sirkel
soos 'n rot wat te min gif ingekry
het en sy praat onophoudelik
op een van daai bloedstollende
toonhoogtes wat uit paniekbevange
desperaatheid gebore is.
Tussen die gekraak van die takke
deur kom hy agter sy is in 'n hewige
argument met 'n ander man betrokke
en die kragwoorde rol die een na die
ander en sonder veel moeite tussen
die twee lae stowwerige rooi
lipstick
deur.
"Meneer, dit is my Koedoe die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die
drie gate in sy kop meet. Dit was MY
koeëls!" gil sy terwyl sy die 30-06
se loop roekeloos deur die tonnels
in die stomme dier se skedel druk om
te demonstreer.
"Goed mevrou, bedaar net!" sê die
man vir die swaar gewapende en
totaal histeriese vrouejagter. Ek
gaan nie verder met jou stry nie,
vat dan maar die Koedoe vir jou. "Gee
jy om om jou geweer op safety te sit
terwyl ek my *&^ saal en toom van
jou Koedoe afhaal?!?!?
|