Blaai terug na Foto Artikels Indeks

 

 

 

 

 

Suid Afrikaans - South African

Vuurwapenaansoeke 

 

  Foto Artikels

SAPD Akkreditasie Nr. 400001

SAPS Accreditation No. 400001

 

 

 

 

 

DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag.

Op die plaas aangekom s hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet. So ges, so gedaan.

Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap. Hy hardloop val-val terug na waar die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op 'n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef. Toe die stof effens gaan l kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is.

Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n hewige argument met 'n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.

"Meneer, dit is my Koedoe die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koels!" gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in die stomme dier se skedel druk om te demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" s die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die Koedoe vir jou. "Gee jy om om jou geweer op safety te sit terwyl ek my *&^ saal en toom van jou Koedoe afhaal?!?!?

  

 

 

Copyright 2013 SAHGCA. 00269 - 2009. (17-01-2009) All rights reserved.

Disclaimer

Design and Hosting

Skakels / Links

 

 

SAJWV - SAHGCA - Springbok Tak - Springbok Branch, Brakpan - Gauteng, Suid Africa, South Africa