|
Hierdie
webwerf is ontwikkel om ons lede en ander
belangstellendes op hoogte te hou van ons
doen en late en is ook 'n bron van inligting
vir jagters. Kom besoek ons gereeld,
aangesien ons hierdie webwerf gedurig
opdateer met nuwe inligting en fotos.
Enige navrae, voorstelle of klagtes, kontak
ons gerus >>
hier
Waaroor gaan SA Jagters?
SA Jagters en Wildbewaringsvereniging
beskerm die belange van die geleentheids en
toegewyde Jagter deur middel van 'n
gestruktureerde organisasie, tree op as
skakelliggaam en bemiddelaar met die
Regering, en stel spesifiek norme en waardes
vir jagters in Suid Afrika.
Opleiding is hoog op ons prioriteitslys, en
kursusse en praktiese oefensessies is
gestruktureerd om bekwame en etiese
kundigheid en standaarde oor te dra aan ons
kursusgangers op 'n gemaklike en
opvoedkundige manier.
Lede se belange word op Nasionale en
Internasionale vlak verteenwoordig en
beskerm deur van die kundigste mense in die
bedryf. SAJWV ontwikkel deurentyd nuwe
opleidingsprogramme om te verseker dat ons
in voeling bly met die nuutste wetgewing en
tendense in die jagbedryf in Suid Afrika. |